NewsSchools

Ouers ontmoet Osie-hoof

Oosskool het die derde kwartaal afgeskop met 'n nuwe skoolhoof, Gideon Pelzer, aan die stuur.

POLOKWANE – Oosskool het die derde kwartaal afgeskop met ‘n nuwe skoolhoof, Gideon Pelzer, aan die stuur.

Op Dinsdag, 4 Augustus, kon ouers vir Pelzer ontmoet tydens ‘n geleentheid wat in die skoolsaal aangebied is.

“Hierdie is ‘n nuwe hoofstuk in Oosskool se geskiedenis en ons heet mnr. Pelzer welkom,” het Chris Smith, een van die onderwysers, gesê.

Die beheerliggaam-voorsitter, dr. Andri Weyer, het Pelzer kortliks aan die ouers voorgestel.

Volgens Pelzer is dit vir hom ‘n voorreg om deel te word van die Oosskoolgemeenskap.

“‘n Skool is net so sterk soos die betrokkenheid van die ouers. Dit is enige jong onderwyser se droom om hoof te word van so ‘n dinamiese skool. Dis ‘n droom wat vir my waar geword het.”

 

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button