JP Coetzee, Jolene van Aswegen, Miandi Dierks, Jordan Viljoen, Wian van Reenen en Ashlee Hamann is Tuinbere wat met hul pantoffels spog.
POLOKWANE – Verlede Vrydag was dit tyd om jou skoene uit te skop en jou pantoffels nader te trek vir ‘n goeie doel. Met die R10 wat jy spandeer om ‘n plakker te koop kon jy help om ‘n kind se droom te verwesenlik. Nasionale Pantoffeldag is ‘n inisiatief van die Reach for a Dream-stigting wat kinders met terminale siektes se drome waar maak. Party vra in ‘n polisie- of brandweerman vir ‘n dag te wees, sommige vra vir ‘n pop of om vir een dag na Tafelberg te gaan.
Die kleuters by Osieteddies Klein-kindontwikkelingsentrum droom ook groot en het groot pret gehad toe hulle met pantoffels kon skool toe kom teen net R10.
Daar was pantoffels wat gelyk het soos renosters en sebras en dan was daar pantoffels met prinsesse en selfs Spiderman s’n.
Die kleuters was baie opgewonde oor dié uitsonderlike geleentheid en kon nie wag om te sien watter pantoffels die ander maatjies in die klas aangetrek het vir die dag nie.
Renoster, Hello Kittty, hasies en hondjies is maar van die pantoffels wat op Vrydag hul verskyning by Osieteddies gemaak het.
Minions is nou hoogmode en Jordan Viljoen het besluit om syne vir Pantoffeldag aan te trek.
Slipper Dag word gehou om geld in te samel vir die Reach for a Dream Foundation wat kinders met lewenbedreigende siektes se drome laat waar word.
Die Safari Bere spog met hulle pantoffels. Hier is Miané Buitendag, Elsje Liddle, Zuané Pretorius, Danika Erasmus en Kendall Bridger.
Die Safari Bere spog met hulle pantoffels. Hier is Miané Buitendag, Elsje Liddle, Zuané Pretorius, Danika Erasmus en Kendall Bridger.
Caelyn Müller, Elein Venter, Bilandri Oosthuizen en Nerique Naudé van die Plaasbere-klas spog met hulle pantoffels op Slipper Dag.
Kaylee Putter en Mieke Schoeman sit op die stoeltjies terwyl Mia van Jaarsveld voor hulle sit met hulle pantoffels aan.
Ryal Pretorius het vroegoggend reeds sy Lightning McQueen pantoffels uit die kas gehaal om skool toe aan te trek.