Local NewsNewsSchools

PLS-leerders bring meeste skenkers

Twee klasse van Laerskool Pietersburg was op Dinsdag, 11 Augustus beloon vir hulle harde werk met die aantal bloedskenkers wat hulle ingebring het

POLOKWANE – Twee klasse van Laerskool Pietersburg was op Dinsdag, 11 Augustus beloon vir hulle harde werk met die aantal bloedskenkers wat hulle ingebring het.

Die gr. 1V-klas het op bloedskenkdag in Junie agt ouers gebring en die gr. 5P-klas het ses ouers gebring om bloed te skenk. Die twee klasse was dan ook as die wenners aangedui tydens die skool kompetisie waar daar gekyk was na die grootte van die klasse en daarvolgens bepaal was watter klasse die meeste ouers per klas gebring het om te kan skenk. Die twee wenklasse was elk met ‘n R2 500 geskenkbewys van KFC beloon. Die geskenkbewyse is deur die Suid Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) aangekoop en aan die skool oorhandig.

Die woordvoerder van SANBD, Dottie Pinn, het aan Review gesê dat die laerskool se skenkings ‘n baie groot verskil maak in die wintermaande wanneer baie van die ander skenkers sukkel met griep en verkoue. Sy het gesê dat die SANBD die skenkings hoog op prys stel en dat sy hoop dat dit die gemeenskap sal aanhou bemoedig om bloed te skenk omdat hulle regtig ‘n groot verskil maak in ander se lewens.

 

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button