Local NewsNewsSchools
Akademie Reformia se kunsvrate presteer
Die leerders van Akademie Reformia het die stad se naam hoog gehou by die pas afgelope Bosveld Kierieklapperkunstefees op Mokopane
POLOKWANE – Die leerders van Akademie Reformia het die stad se naam hoog gehou by die pas afgelope Bosveld Kierieklapperkunstefees op Mokopane.
Dié jaarlikse kunstefees is alomgewild onder leerders.
Akademie Reformia se leerders het aan die individuele sang- en klavieritems sowel as die orkeskompetisie in die vokaal- en instrumentale musiekkompetisie deelgeneem wat deel van die fees gevorm het.
Timmezanne Andrin het in die klavierafdeling vir negejariges koning gekraai en Agna Becker en Jané de Wit het die eerste plek in die duet sangafdeling ingeneem.
Akademie Reformia se orkesgroep het ook nie teleurgestel nie en ‘n puik 90% vir hul optrede gekry.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!





