Local NewsNewsSchools

Osies kry kans om buitenste ruim te beloer

Die mensdom is op die drumpel om nuwe grense in die buitenste ruim te verken, en die leerders van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het die gulde geleentheid gehad om meer oor die sonnestelsel te leer

POLOKWANE – Die mensdom is op die drumpel om nuwe grense in die buitenste ruim te verken, en die leerders van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het die gulde geleentheid gehad om meer oor die sonnestelsel te leer.

Die leerders van Oosskool het verlede week meer oor planete te wete gekom en Vrydag was dit die gr. 1 tot gr. 3-groep se beurt om die planetarium in die Edudome te besoek.

Die Edudome is ‘n groot opblaasstruktuur wat dien as ‘n mobiele planetarium.

Hier binne het die leerders kans gehad om ‘n projeksie van die sonnestelsel te sien waar hulle meer oor die son, die agt planete en die dwergplaneet (Pluto) kon leer.

Die planetarium was gevul met oe’s en aa’s soos die leerders hulself aan die pragvertoning verlustig het.

“Ek leer die kinders meer van die son, Aarde, maan, sterre en konstellasies, planete en dwergplanete asook asteroïdes, meteore en komete,” verduidelik Robert Winter, die aanbieder van die lesse.

Carli Becker, een van die leerders, sê die planete was vir haar vreeslik interessant. “Ek het van die sterre ook geleer. Dit was vir my interessant, veral om meer van die dwergplaneet Pluto te hoor.”

 

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button