Local NewsNewsSchools

So, praat saam in Afrikaans

In 'n land met 11 amptelike tale kan kennis van jou medelandgenote se tale help met nasiebou

POLOKWANE – In ‘n land met 11 amptelike tale kan kennis van jou medelandgenote se tale help met nasiebou.

In die lig hiervan het die leerders van die Noordelike Moslem Skool vanaf gr. 4 tot 8 Vrydagaand aan ‘n Afrikaanse redenaarskompetisie by die skool deelgeneem.

Die seremonie het begin met leerders wie toesprake oor verskillende onderwerpe moes lewer. Die gr. 4’s het gepraat oor: Koerante: Positief of negatief, die gr. 5-leerders oor My wêreld van kommunikasie, gr. 6-leerders se toesprake het gegaan oor ‘n Goeie boek wat ek gelees het, gr. 7 oor Om ‘n wenner te wees en die gr. 8-leerders se onderwerp was Ek sou kon doen met ‘n miljoen of meer.

Die organiseerder en Afrikaanse onderwyseres van die skool, Freda Niemann, sê sy was baie beïndruk met die leerders, “Ek is baie trots op hulle. Die leerders het hulle baie goed van hulle taak gekwyt.”

In gr. 4 het Mahdia Modan die beste toespraak gelewer, Safia Khan Patel was tweede en Humeyrah Alli derde.

Die gr. 5-leerders se toppresteerders was Humayra Eren, Asma Khan en Muhammad Omar Gani, terwyl Muhammed Moti, Raeesa Bava en Ilhaam Jacob in gr. 6 die eerste drie plekke ingeneem het.

Die drie gr. 7-leerders wie bekroon is, was Aqsa Batavia, Nazmira Kader en Waseema Chickte en die leerders in gr. 8 wie uitgeblink het was Mohamed Moola, Fatima Aziz Ismail en Ridiyyah Hoosen.

Die wenners in die verskillende kategorieë het trofeë, medaljes en sertifikate na afloop van die redenaarskompetisie ontvang.

 

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button