Local NewsNewsSchools

‘Jou kind is veilig in ons skool’

'Ons stel die ouers gerus dat die skool alles in hulle vermoë sal doen om sulke gevalle te voorkom' Louis Linde, skoolhoof van Laerskool Louis Trichardt

LOUIS TRICHARDT – “Die skool berou hierdie oorsig vreeslik, en ons stel die ouers gerus dat die skool alles in hulle vermoë sal doen om sulke gevalle te voorkom,” het Louis Linde, skoolhoof van Laerskool Lousi Trichardt vir Review gesê.

Review het met die skoolhoof Linde, gesels nadat ‘n bekommerde ouer ons gekontak het oor die nuus op sosiale media – drie seuntjies tussen vyf- en ses jaar wat wat skynbaar doodluiters by die skoolhek uitgestap het.

“Die algemene werkers was besig om die sypaadjies skoon te maak en het nie die slot ingehak of gesluit nie. Ons het nou opdragte aan almal gegee dat die hekke ten alle tye gesluit moet bly, al is hulle buite besig om te werk. Die nodige voorsorgmaatreëls is toegepas en opgeknap,” vertel Linde.

Die bekommerde ouer sê

“Ek is ongelooflik geskok oor wat gebeur het, drie seuntjies tussen vyf- en ses jaar, dinge kon maklik skeefgeloop het. Volgens my het die juffrou die seuns na die hoof gestuur om te spog met ‘n prentjie wat een geteken het. Hulle het na hom gaan soek en is toe by die hek uit. ‘n Man het hulle gevra waarheen hulle oppad is. Hulle het gesê dat hulle na iemand soek. Die man het rondgery om uit te vind waar die kinders skoolgaan en het later by die laerskool reggekom. Wat as daardie man hulle nie opgetel het nie?” sê die ouer.

Laerskool Louis Trichardt wil graag groot verskoning vra oor hierdie voorval en het voorgeneem dat alle kinders veilig sal wees by die skool, binne die skoolgronde. Hulle sal ook daagliks monitor dat die veiligheidsmaatreëls nagekom word, en streng stappe sal teen oortreders geneem word.

Review het met ander ouers van die skool gesels… lees meer in jou Review 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button