NewsSchools

PHS-onnies kry geborgde voertuig

Die bestuur van BB Auto Polokwane het onlangs 'n voertuig aan Hoërskool Pietersburg (PHS) geskenk.

POLOKWANE – Die bestuur van BB Auto Polokwane het onlangs ‘n voertuig aan Hoërskool Pietersburg (PHS) geskenk.

Die doel van die skenking is vir vervoer van personeel na geleenthede soos vergaderings en kursusse.

Die handelaarshoof van BB Auto Polokwane, Karel Ferreira, vertel sy idee vir die skenking aan die skool is ‘n manier is om iets aan die gemeenskap terug te gee.

“Onderwysers doen so baie en dis belangrik om na mense soos hulle te kyk en te help waar die kans hom voordoen.

“Sodoende is daar vervoer vir die skool se onderwysers en kry ons besigheid ook blootstelling,” verduidelik hy.

Karel vertel BB Auto kan almal wie na ‘n voertuig soek of benodig, help. Hy sê die handelaar beoog juis om nog skole met die inisiatief te nader. Dit sal afhang of skole, soos in PHS se geval, die verantwoordelikheid vir die voertuig wil aanvaar.

Volgens Karel gebruik die skool tans ‘n Nissan Micra, maar dit sal vervang word met ‘n ander voertuig sodra die kilometerlesing te hoog word.

Die skool het die geleentheid om elke soort voertuig in die handelaar se stal te kan ry.

“Die voertuig gaan baie help met die vervoer van die personeel. Dit beteken baie dat die gemeenskap só met ons skool hande vat. Die skool waardeer die gebaar baie,” sê die skakelbeampte van die skool, Anna-Marié Schoeman.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button