Die grondslagfase van Curro Heuwelkruin wat in die kategorie vir sang en instrumentaal deelgeneem het by die Piet Pot Bosveld Musiekfees.
POLOKWANE – Leerders van Curro Heuwelkruin Laerskool het gedurende Augustus aan die Piet Pot Bosveld Musiekfees in Mokopane van 11 tot 14 Augustus deelgeneem. Daar was twee kategorieë waarin leerders kon deelneem: sang en instrumentaal.
Die leerders het baie goed presteer en 40 sertifikate verwerf. ‘n Aantal medaljes vind hul weg huistoe: B+ (2), A (18), A+ (15)en A++ (5). Vaughn Scheepers het die trofee vir die beste vokale solo in gr. 2 verwerf. Die Kruinies het ook presteer by die Tzaneen Eisteddfod van 10 tot 14 Augustus.
Die leerders wat aan die groep-items deelgeneem het was Kayla Muller, Tania Rosslee, Evané du Toit en Diané le Roux. Diané het ‘n gedramatiseerde gedig opgevoer en diamant (95%-100%) verwerf.
Francois van Wyk, Reinhard Breytenbach, Tharina Hartman, Carla Breytenbach en Dorijke du Toit het aan mimiek (diamant 95%-100%), gedramatiseerde gedig (diamant 95%-100%) en improvisasie (dubbel goud 90%-94%) deelgeneem.
Emma Steyn en Eben Lingenfelder (beide in gr. R) is baie trots op hulle prestasies wat hulle by die Piet Pot Bosveld Musiekfees ontvang het.
Curro Heuwelkruin se leerders wat deelgeneem het aan die Tzaneen Eisteddfodd van 10 tot 14 Augustus.
Die intermediêre fase van Curro Heuwelkruin wat in die kategorie vir sang en instrumentaal deelgeneem het by die Piet Pot Bosveld Musiekfees.
Lené van As en Kiana Faia deel die trofee vir die die beste klaviervoordrag in die kategorie vir gr. 4 tot 5 by die Piet Pot Bosveld Musiekfees.