Heimwee oor Tommies-geskiedenis
Om Erfenisdag te vier vertel Paul de Bruin meer oor die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se beginjare
POLOKWANE – Om Erfenisdag te vier vertel Paul de Bruin meer oor die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se beginjare.
Hy was van gr. 8 tot gr. 12 in dié skool. Die skool se eerste perseel was by die ou lugmagbasis met slegs 30 leerders, vyf onderwysers, ‘n klerk en ‘n huismoeder.
Net vyf jaar later het die leerders tot 333 seuns, 68 meisies en 45 leerkragte gegroei. In April 1966 word die huidige skoolgronde aan die personeel en leerders oorgegee en in Junie daai jaar trek die onderwysers en leerders oor na die nuwe perseel. Tydens dié skuif is Tom Naudé en Hoër Handelskool van mekaar geskei.
In 1971 word HTS Tom Naudé die eerste tegniese skool om die gesogte Administrateursbeker vir rugby (huidige Beeldtrofee) te wen. Dié beker word weer in 1981, 1983 en 1987 gewen.
Op 3 Mei 1982 maak Bernadette Hornigold geskiedenis as die eerste meisie om by HTS Tom Naudé toegelaat te word.
In die video vertel Paul hoe die terrein in die begin gelyk het.




