NewsSchools

Osie-gr. 1e stap vir Bybels

POLOKWANE – Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se gr. 1A-klas, die Babalela’s, onder leiding van hulle klasjuffrou, Alta Gouws, het op 19 September ‘n span van 40 stappers na Vivo geneem om aan die Stap vir Bybels inisiatief deel te neem. Die vier groepe stappers, wat ouers en broers en susters ingesluit het, het die wind behoorlik …

POLOKWANE – Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se gr. 1A-klas, die Babalela’s, onder leiding van hulle klasjuffrou, Alta Gouws, het op 19 September ‘n span van 40 stappers na Vivo geneem om aan die Stap vir Bybels inisiatief deel te neem.

Die vier groepe stappers, wat ouers en broers en susters ingesluit het, het die wind behoorlik trotseer om by te dra tot die meer as 8 000 rondtes wat deur stappers vanoor die provinsie se skole gestap is vir die saak van Bybelverspreiding.

Dié aantal rondtes is die organiseerders se grootste poging nog. Kinders kon ook vooraf aan ‘n inkleurkompetisie deelneem waarvan die wenners op die dag aangekondig is, en deelnemende skole het reeds die vorige week hul blikkies wat van munte gebult het, aangestuur Vivo toe. Heinz Winckler het vroegoggend sy talent ingespan om die stappers en dié wat ontbyt nuttig, te vermaak.

Daar was ook geen tekort aan aktiwiteite vir die jongspan, of ‘n ietsie vir die hongeres nie.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button