POLOKWANE – Drie leerders van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het onlangs aan die FAK Afrikaanse Skole-Ekspo deelgeneem.
Dit is ‘n opwindende elektroniese skole-kompetisie wat jaarliks vir leerders verskeie uitdagings bied. Die ekspo fokus veral op leerders se kreatiewe hantering van Afrikaans.
Die tema wat aan hulle gegee is, is as volg:
Die oorhoofse tema vir 2015 is Afrikaans 90. In 1925 het Afrikaans die amptelike taal in Suid-Afrika geword. In 2015 is Afrikaans 90 jaar lank al ‘n amptelike taal. Wat beteken dit vir vandag se jongmense en hoe help hulle verseker dat Afrikaans oor ‘n verdere 90 jaar nog sal bestaan en gebruik word?
Alle gr. 6 tot gr. 12-leerders in Suid-Afrika en Namibië kon deelneem en inskrywings het op 31 Julie gesluit.
Daar is sewe afdelings, naamlik:
• Afrikaanse Geskiedenis.
• Afrikaanse Letterkunde.
• Afrikaanse Kortfilm.
• Afrikaanse Kommunikasie.
• Afrikaanse Musiek.
• Afrikaanse Visuele Kuns.
• Afrikaanse Plakboeke
Juan Krüger in gr. 10 het in die kategorie Jip-rubriek deelgeneem en 80% behaal. Sy broer, Ruan, in gr.8, het deelgeneem in die kategorie Advertensie en 84% behaal. Tiané Maritz het in die kategorie Plakboeke deelgeneem en 90% verwerf.
Die gr.8 en gr. 9, Musiek en Liriek, en Kortfilms is nog nie beskikbaar nie.




