Local NewsNewsSchools
Kruinies op voete vir Pieter Smith
Curro Heuwelkruin se beheerliggaam het gesorg vir 'n wonderlike aand van vermaak toe die bekende sanger Pieter Smith die uitnodiging aanvaar het om ten bate van die skool te kom optree
POLOKWANE – Curro Heuwelkruin se beheerliggaam het gesorg vir ‘n wonderlike aand van vermaak toe die bekende sanger Pieter Smith die uitnodiging aanvaar het om ten bate van die skool te kom optree.
Dié optrede het op 17 September by Bolivia Lodge in die stad plaasgevind.
“Die fondse wat vanaand ingesamel word wend ons aan sodat ‘n groot deel van die skoolleerders voordeel daaruit kan trek,” vertel dr. Thys Kachelhoffer, voorsitter van die beheerliggaam.
“Dit word toegepas vir die inhuur van afrigters wie help met die ontwikkeling van die leerders se talente. Die fondse word verder gebruik om beurse te gee vir verdienstelike kinders.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!







