Pieties se Bokgebaar eggo
Die leerders en personeel van die Hoërskool Pietersburg (PHS) het hulle volkome ondersteuning vir die Springbokke gewys deur prettige raakrugby te speel
POLOKWANE – Die leerders en personeel van die Hoërskool Pietersburg (PHS) het hulle volkome ondersteuning vir die Springbokke gewys deur prettige raakrugby te speel.
Sowat 1 075 leerders en personeel het op die velde bymekaar gekom op Woensdag, 16 September om die Springbokspan alle voorspoed vir die 2015 Rugbywëreldbeker, wat pas begin het, toe te wens.
‘n Spesiale boodskap is ook aan Bok Victor Matfield, self ‘n oud-Pietie, vir die toernooi gestuur.
Die skakelbeampte van PHS, Anna-Marié Schoeman, sê die skool se liefde vir rugby is duidelik en blyk uit die voorspoedwense en ywerige rugbydeelname. PHS sal ongetwfeld in gees saam met die Bokke elke wedstryd meemaak.





