NewsSchools

Mnr en Mej Heuwelkruin open nuwe speelpark by crèche

Sedert die onlangse aankondiging van die jaarlikse Mnr en Mej Heuwelkruin-finaliste het Arno Horn, Kayla Steyn en Luca Prenzler ‘n sagte plekkie in hul harte vir Noddy’s Playground Creche and Pre-school in Wes­tenburg ontwikkel. Die finaliste het dié skool as hul liefda­digheidsprojek aangeneem en onder andere die speelterrein opgeknap, gehelp om ‘n babakamer in te …

Sedert die onlangse aankondiging van die jaarlikse Mnr en Mej Heuwelkruin-finaliste het Arno Horn, Kayla Steyn en Luca Prenzler ‘n sagte plekkie in hul harte vir Noddy’s Playground Creche and Pre-school in Wes­tenburg ontwikkel.
Die finaliste het dié skool as hul liefda­digheidsprojek aangeneem en onder andere die speelterrein opgeknap, gehelp om ‘n babakamer in te rig en Maandag het hulle die nuutoorgedoende speelverkeersbaan saam met bekende verkeersgelukbringer, Daantjie Kat geopen.
Die Makro Polokwane-bestuurspan was ook teenwoordig en het verskeie skopfietse aan die skool geskenk vir die kleuters om die verkeersbaan ten volle te benut.
Munisipale verkeersbeampte, Bettie Emslie het die kleuters touwys gemaak oor padreëls en hoe om ‘n straat veilig oor te steek.
Arno, Kayla en Luca het hul dank teenoor Makro sowel as die skool wat hulle toegelaat het om hulle deel aan die gemeenskap met oorgawe te kon uitleef uitgespreek.
Die Mnr en Mej Heuwelkruin-finaal word volgende kwartaal by die skool aangebied.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Daantjie Kat groet kleuters vriendelik voordat hy hulle meer oor padreëls leer.
Daantjie Kat groet kleuters vriendelik voordat hy hulle meer oor padreëls leer.
Munisipale verkeersbeampte, Betty Emslie leer kleuters meer oor die kleure van ‘n verkeerslig.
Munisipale verkeersbeampte, Betty Emslie leer kleuters meer oor die kleure van ‘n verkeerslig.

Related Articles

Back to top button