Piet Hugo revue betower talle
Liewe Heksie en haar kat, Matewis, het saam met Shrek, sy vrou Fiona en ‘n verskeidenheid animasiekarakters onlangs vir ‘n sprokiesrevue by Laerskool Piet Hugo gesorg. Piet Hugo bied elke tweede jaar ‘n revue aan waaraan die hele skool deelneem. Kleurvolle uitrustings, uiteenlopende danspassies en musiek wat die voete laat jeuk het, het ‘n feestelike …
Liewe Heksie en haar kat, Matewis, het saam met Shrek, sy vrou Fiona en ‘n verskeidenheid animasiekarakters onlangs vir ‘n sprokiesrevue by Laerskool Piet Hugo gesorg.
Piet Hugo bied elke tweede jaar ‘n revue aan waaraan die hele skool deelneem.
Kleurvolle uitrustings, uiteenlopende danspassies en musiek wat die voete laat jeuk het, het ‘n feestelike atmosfeer verseker.
Rencia Erasmus, onderwyser en organiseerder van die revue, het verduidelik dat die uitvoering uit 26 verskillende sang- en dansitems bestaan het. Die leerders het in klasverband opgetree en elke onderwyser was verantwoordelik vir sy klas se optrede, musiek,uitrustings en oefening.
“Ek is baie bly dat die revue so suksesvol was. Die terugvoering was baie positief en ek is trots op elkeen wat ‘n bydrae gelewer het. Hoofde van ander skole wat die gala-aand Donderdag bygewoon het, het gesê dit een van ons skool se beste produksies tot dusver was,” het sy gesê.
LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com


Marizelle Pretorius, graad 6 beïndruk met haar oulike danspassies.








