NewsSchools

(VIDEOS) Groente maak ons sterk en lat krul ons hare…

Gedurende die week van 9 tot 15 Oktober is dit Nasionale Voedings Week en Review het met die kleuters by Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum gaan gesels oor groente.

POLOKWANE – Gedurende die week van 9 tot 15 Oktober is dit Nasionale Voedings Week en Review het met die kleuters by Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum gaan gesels oor groente.

Regardt Senekal vertel hy eet boontjies, brokkolie en kool want dit maak sy oë goed en maak hom gesond. Vir hom is groente baie lekker.

Vir Wian van Reenen is groente daar om hom gesond te hou. Hy is lief vir rooi, groen en geel pepers en eet wortels sodat hy nie bril hoef te dra nie.

Stephan Pienaar sê dat hy al vêr kan sien, want hy eet elke dag wortels. Hy hou ook baie van kool, maar eet nie pepers nie. “Groente maak jou sterk en slim,” vertel hy.

“Ek eet groente want dit is gesond. Ek het nie ‘n gunsteling nie en eet brokkolie en pampoen,” vertel Annabel Kemp.

Gerrit Pieterse vertel hy eet net wortels, want dit maak sy oë skerp. Hy eet ook pampoen.

“Ek eet nie brokkoli en kool nie, want ek hou nie van dit nie, maar ek eet pampoen want dit maak my haartjies krul,” vertel Ashlee Hamman.

JP Coetzee vertel dat hy van pampoen en wortels hou. “Ek hou van pampoen en wortels as dit soos nannas proe. My ma maak dit. Jy sny dit eers op, dan gooi jy dit in ‘n pot en dan gooi jy suiker oor.”

Gesond eet is nie altyd maklik nie, maar dit is tog noodsaaklik.

 

Die Departement van Gesondheid het die volgende riglyne gegee vir gesond eet:

• Eet ten minste drie etes wat bestaan uit verskeie soorte kos

• Eet baievrugte en groente elke dag

• Neem vette en kos en koeldrank wat suiker bevat, baie min in.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button