NewsSchools

Osie-hokkiespelers derde in Champ of Champs-toernooi

Die afrigter van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se eerste meisieshokkiespan, Michelle van der Westhuizen, is baie trots op haar span wat verlede naweek tydens die Champ of Champions-toernooi met ‘n derde plek uit die stryd getree het. Die span van Oosskool het in die uitspeel-finaal teen Laerskool Kragbron van Witbank om die derde en vierde plek …

Die afrigter van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se eerste meisieshokkiespan, Michelle van der Westhuizen, is baie trots op haar span wat verlede naweek tydens die Champ of Champions-toernooi met ‘n derde plek uit die stryd getree het.
Die span van Oosskool het in die uitspeel-finaal teen Laerskool Kragbron van Witbank om die derde en vierde plek meegeding en Oosskool is na ‘n oorwinning van 1-0 as derdeplekwenners aangewys.
“Die span het baie hard geoefen en hul harde werk is uiteindelik beloon. Ons is baie tevrede en het die seisoen op ‘n hoë noot afgesluit,” het Van der Westhuizen gesê.

BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button