POLOKWANE – Vroeg reeds in die jaar word Curro Heuwelkruin se Mnr. en Mej. Heuwelkruin finaliste gekies.
Die finaliste vir hierdie jaar: Bianca Jardim, Mauritz Pretorius, Kamalan Naidoo, Lize Ernst, Shimoné Boje, Rudolph Oosthuizen, Kaela Steyn, Luca Prenzler, Arno Horn, Janique Jacobsz, Jaco van Wyk en Nichardt van Niekerk.
Mnr. en Mej. Heuwelkruin finaliste projekte
Projekte het ingesluit om by ouetehuise en shelters te gaan kuier, kleuterskole te gaan opknap, by die Thunis Fichard Hospitium en Touch Living with Cancer (TLC) saal by die Pietersburg Provinsiale hospitaal te gaan inloer en vir die plaaslike Dierebeskermingsvereninging komberse in te samel.
Een van die groepe het ook vir ‘n gesin ‘n nuwe huis gebou en gesorg dat ‘n leerder van ‘n ander skool, wie se ouers onlangs oorlede is, na sy matriekafskeid kon gaan.
‘n Ander groep het besluit om ‘n bewusmakings projek vir Outisme te ondersteun – om deel te wees van die Outisme projek, sms blue aan 40407 en sken R20 aan Autism South Africa.
Die finale gala aand was op Vrydag, 16 Oktober by Heuwelkruin gehou en die tema was Into Africa. Met behulp van akteurs het die finaliste ‘n storie van ‘n reis deur Afrika vertel deur eers met informele klere te loop op die loop plank en daarna met Formele klere.
Daarna moes elke groep hul projekte bekendstel.
Die beoorddeellaars was: Martin-Shawn van Huyssteen, Wally Groenewald, Nikita Oosthuizen, Tshego Monyepao, Loudine Redelinghuys, Lara van Niekerk en Wernich Kachelhoffer.
Mnr. en Mej. Heuwelkruin gekroon:
• Mnr. Fotogenies was Arno Horn
• Mej. Fotogenies: Luca Prenzler
• Tweede Prins: Mauritz Pretorius
• Tweede Prinses: Kayla Steyn
• Eerste Prins: Jaco van Wyk
• Eerste Prinses: Bianca Jardim
• Mnr. Heuwelkruin: Nichardt van Niekerk
• Mej. Heuwelkruin: Lize Ernst.





