POLOKWANE – Ses van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se meisies is opgeneem in die Limpopospan vir ruiterkuns.
Hulle het in September aan die Nasionale Ruiterkuns Kompetisie in Gauteng deelgeneem.
Die meisies is Celine de Bruyn wie op Miss Wings ry en Lenise Fulscher op Beauty. Hulle ry altwee by Gareth Sumption en Johan Joe Engelbrecht van El Roi Equestrian skool. Dan is daar Lisa Erasmus wie op Come on Over ry en Rumé Erasmus op Jumping Jack Flash by Kerry Joubert van New Dawn Academy.
Lejané du Toit ry op Nabrina by Leona van Amstel van Blouberg Ryskool en Abigail de Jager ry op Mona Lisa by Kerry Joubert van Dawn Academy.
Die meisies geniet die perdrykuns en hoop om te bly verbeter in die sport.



