NewsSchools

Triegies hou revue

Laerskool Louis Trichardt bied hierdie jaar hul revue aan vanaf 19 tot 22 Oktober met die tema “Legendes”.

LOUIS TRICHARDT – Die leerders van Laerskool Louis Trichardt het hierdie week hul revue aangebied met die tema: Legendes.

Op 15 Oktober het die leerders vir die eerste keer in hul revueklere opgetree. Al die oupas en oumas was op hierdie dag genooi om die revue gratis te geniet.

Die leerders het graad vir graad en in groepe opgetree en elke leerder het die geleentheid gehad om hulle talente op die verhoog te wys. Oral op die verhoog was helder en gelukkige gesiggies opgetooi met blou ogies en rooi lipstiffie en blinkers.

Leerders het konsert gehou op 15 Oktober en toe weer elke aand van 19 Oktober af tot vandag (Donderdag).

MEER FOTO’S

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button