POLOKWANE – Die meisieskoor van Hoërskool Pietersburg (PHS) het op Woensdag, 14 Oktober hulle jaarafsluiting by die NG-Noord kerk in Dorpstraat gehou.
Die koor het gesorg dat die mooiste musieknote deur die kerksaal klink en onder die begeleiding van die welbekende koorbegeleier Rita Erasmus het die een applous na die ander vanuit die gehoor opgeklink.
Spieëlbeeld het as gaskunstenaars opgetree by die afsluiting om die aand soveel meer spesiaal te maak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!





