Kraaines leer meer oor plaaslewe
Om jou juffrou soos ‘n wafferse plaasboer in die beeskraal te sien staan terwyl sy verduidelik waar melk vandaan kom en hoe goed dit vir jou is, is ‘n ervaring wat enige kleuter se hele week kan opkikker. Verlede Woensdag het die kleingoed van Kraaines Kleuterskool se onderwyser, Nadia Grobler pens en pootjies tot groot …
Om jou juffrou soos ‘n wafferse plaasboer in die beeskraal te sien staan terwyl sy verduidelik waar melk vandaan kom en hoe goed dit vir jou is, is ‘n ervaring wat enige kleuter se hele week kan opkikker.
Verlede Woensdag het die kleingoed van Kraaines Kleuterskool se onderwyser, Nadia Grobler pens en pootjies tot groot vermaak van haar leerders tydens die skool se uitstappie na die Plaaswerf Naskool en Vakansiesorg in die kraal geklim.
Elke kleuter kon ook ‘n glas vars plaasmelk geniet.
Die hoogtepunte van die uitstappie het vir die kleuters aangebreek toe hulle van die diere kon voer en agterop ‘n sleepwa en trekker gery het.
Grobler het verduidelik dat die skool se lesplan die afgelope weke oor plaasdiere en suiwelprodukte gehandel het.
LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com





vat nie.



