POLOKWANE – Curro Heuwelkruin se grondslagfase (gr. 1 tot gr. 3) het gedurende die week van 19 tot 23 Oktober ‘n Leesweek gehou waartydens gepoog is om ‘n liefde vir lees by die leerders te kweek en verder te ontwikkel.
Gedurende die week was daar verskeie prettige aktiwiteite waaraan die leerders kon deelneem soos speletjies, soortgelyk aan slangetjies en leertjies en die uitbou van spel- en woordbouvaardighede.
Bennie Boekwurm het ook by die leerders kom kuier en vir hulle stories voorgelees.
Op die Vrydag kon die leerders soos ‘n karakter uit hulle gunsteling boek aantrek.
Hulle het dié boek vir hulle maatjies voorgelees en kon ook die boek aan die skool se leeshoekie skenk.








