Die nuwe Werk en Wen leiers vir 2016 is Tanja van Reenen, Corli Osmers, Sonique Janse van Vuuren, Cornia Claassens, Yolandi Schoeman, Leanne Kitching en Sunette Botes.
POLOKWANE – Laerskool Pietersburg het onlangs die nuwe leiers vir die Werk en Wen Kleuterskool vir 2016 aangewys.
Die Werk en Wen leiers word aangestel om die onderwysers by dié kleuterskool in die stad te help met die kinders.
Die leiers se tema vir volgende jaar is Reënboog.
Die Werk en Wen leiers van 2015: Casey Jackson, Leandri Krüger, Suzan Vermaak, Simoné de Beer, Rochelle Blom, Mericha Hattingh en Beverley van Wyk gee nou die leisels oor aan die nuwe leiers.