POLOKWANE – Die leerders wat volgende jaar gr. R by Laerskool Pietersburg (Suidskool) gaan begin, was by die skool verwelkom met vriendelike glimlagte.
Verlede Vrydagoggend het die gr. R onderwysers van Suidskool die kinders en hulle ouers verwelkom by die skool.
Die verwelkoming is met ‘n gebed geopen. Daarna het die ouers die geleentheid gehad om die onderwysers te leer ken en die kinders om nuwe maats te maak. Reinette Greyling, hoof van die grondslagfase personeel, het die ouers vertel hoe belangrik dit is om tyd saam met hul kinders te spandeer. Sy het ook gesê die personeel is baie opgewonde om die nuwe leerders te verwelkom.
Die ouers en leerders het daarna ‘n toer van die gr. R gebou geniet, waarna die kinders verras is met ‘n geskenk vanaf die skool.
Review het met van die gr. R’s gesels oor hulle ondervinding en of hulle opgewonde is vir volgende jaar.
Tamryn van Wyk, Joshua Venter en Zian Nel is al drie baie opgewonde om “grootskool” te begin en kan amper nie meer wag vir volgende jaar nie.






