Local NewsNews

Zander is mal oor motors

Zander van der Merwe het alles wat hy weet by sy oupa geleer

POLOKWANE – Op die jong ouderdom van agt jaar oud weet Zander van der Merwe meer oor hoe ‘n motor werk as die meeste grootmense.

Die Marnè Ebersohn Akademie leerder het tussen motors groot geword en help gereeld sy oupa, Attie van der Merwe, in die familiebesigheid Synchro Motors.

“Ons werk almal saam as ‘n familie hier, so natuurlik het Zander ook begin help,” vertel die trotse oupa,

Zander sê hy het ‘n groot liefde vir motors omdat hy tussen hulle grootgeword het. Hy het alles wat hy weet by sy oupa geleer en vertel dat daar min is wat hy nog nie van motors weet nie.

Zander se oupa het hom ‘n DKW Junior model motor as geskenk gegee en Zander vertel dat hy vir die afgelope twee jaar aan die motor werk. Hy hoop dat hy hom eendag as hy ouer is, kan bestuur.

“Dit is die mooiste kar in die hele wêreld, sy onderhoud is min en hy lek nie olie nie. Ek sal hom oor tien jaar mag bestuur,” vertel Zander. Hy werk ook aan ‘n veldrenvierwielmotorfiets en versamel graag minatuurmodelmotors; hy het ‘n versameling van 30 motors. Volgens Zander is die Ferrari sy gunstelling.

As die jong motorgeesdriftige nie besig is met motors nie, spandeer hy graag tyd met sy ouma wie vir hom speelgoed koop as hy soet is.

Hy vertel ook verder dat hy eendag ‘n motorwerktuigkundige wil wees, nes sy oupa.

calvyn@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button