Fotograwe beloon vir voortreflike werk
Harde werk deur die topfotograwe van Polokwane die afgelope jaar is Vrydagaand tydens die jaarlikse prysuitdeling van Pieterburg Fotografieklub (PFK) beloon. Tydens die intieme geleentheid by Pietersburgklub het klubvoorsitter, Shirley Mitchell, gesê dat die prysuitdeling ‘n besondere gebeurtenis is omdat harde werk en groot inspanning beloon is en ten toon gestel word. Sy het ‘n …

Harde werk deur die topfotograwe van Polokwane die afgelope jaar is Vrydagaand tydens die jaarlikse prysuitdeling van Pieterburg Fotografieklub (PFK) beloon.
Tydens die intieme geleentheid by Pietersburgklub het klubvoorsitter, Shirley Mitchell, gesê dat die prysuitdeling ‘n besondere gebeurtenis is omdat harde werk en groot inspanning beloon is en ten toon gestel word. Sy het ‘n spesiale woord van dank aan komiteelede vir hul toewyding uitgespreek.
Mitchell, medeklublede en gaste was vol lof vir die veelsydigheid en vaardighede agter die kamera vir vanjaar se algehele wenner en Fotograaf van die Jaar, Chris Swanepoel.


Benewens sy aanwysing as algehele wenner, het Swanepoel ook skoonskip gemaak in kategorieë: reisfoto’s, natuurfoto’s, kontemporêr, senior geprojekteerde kleurbeeld, oudio-visuele produksie (AV), geprojekteerde kleurbeeld (algeheel), veelsydigste fotograaf, verdienstelikste werk (spesifieke onderwerp), Salonkampioen, en Fotograaf van die Jaar.
Ander wenners
• Tokkie Pieterse: natuurfoto (wildlewe), senior geprojekteerde beeld, monochroom en fotograaf: geprojekteerde beeld in monochroom
• Anneliese Pretorius: landskap- en makrofotografie
• Frikkie Swanepoel: geprojekteerde kleurbeeld, 2- en 3-ster, junior geprojekteerde beeld, monochroom, portretfoto, geïllustreerde foto
• Frans Pieterse: beste vordering, van magister silwer tot magister goud in een jaar
• Carina de Wet: minireeks
• Annamarie du Plessis: geprojekteerde kleurbeeld, 1-ster
Storie en trofee foto’s: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com









