Local NewsNews

Agri SA reageer oor plaasaanvalle

Agri SA sê die erns van die veiligheidsbedreiging teenoor die primêre landbou kan nie onderskat word nie.

MEER as 8 500 plaasaanvalle en 930 moorde oor die afgelope 14 jaar, met meer as 30 plaasaanvalle sedert die begin van 2017 en ‘n moordsyfer wat die hoogte in geskiet het, spreek boekdele oor die volgehoue misdaadaanslag op boere en plaaswerkers.

“Die situasie bevorder uiteraard nie Suid-Afrika se strewe na volgehoue voedselsekerheid, die ontwikkeling van die landelike gebied nie en nasiebou nie,” sê Kobus Breytenbach, voorsitter van Agri SA se Beleidskomitee oor Landelike Veiligheid.

Die erns van die veiligheidsbedreiging teenoor die primêre landbou kan nie onderskat word nie, en so ook nie die lewens van mense wat konstruktief ‘n bydrae wil maak tot die ontwikkeling van ‘n demokratiese en vooruitstrewende land nie.

Dit is kommerwekkend dat Statistieke SA juis nou bevind het dat Suid-Afrikaners se vertroue in die polisie en howe aan die afneem is, dit in ‘n tyd wat die landbougemeenskap op dié instansies moet kan staatmaak. Die opname toon ook dat huisrowe die mees algemene en mees gevreesde misdaad is. Boerderygemeenskappe is juis die meeste blootgestel hieraan tydens ‘n plaasaanval.

Lees meer:
Modimolle worker shot dead: hunter (39) remanded in custody

Man killed on farm near Bela Bela
4 suspects in custody for Lephalale farm attack

Seven farm attack suspects arrested outside Louis Trichardt

Elderly couple overpowered, robbed on farm

Dit is moeilik om aan diegene wat direk aan misdaad blootgestel is, of was, te verduidelik dat Agri SA alles moontlik in werking stel om die situasie te verbeter, of dit die implementering van ‘n landelike veiligheidstrategie is, pogings om die reservistebedeling op spoor te kry, of gereelde interaksie met die bevelstruktuur van die polisie – selfs deur middel van skakeling tussen Agri SA se provinsiale organisasies met die polisie op verskeie vlakke.

Deur die Agri Securitas Trustfonds word ook op ‘n tasbare wyse bydraes aan boerdery gemeenskappe gemaak om hulle veiligheid en plaaslike strukture te verbeter.

Die wyse waarop die familielede in Balfour, Mpumalanga, vermoor is, meen Breytenbach, deurdat hulle almal in die kop geskiet is, plaas weereens die vergrootglas op die motief vir plaasaanvalle. Twee verdagtes is reeds in hegtenis geneem, en dit word van die Polisie verwag om die moorde deeglik te ondersoek en die werklike motief daaragter te bepaal.

Dit is onafwendbaar en in lewensbelang dat die landbougemeenskap met mekaar en die Polisie binne die raamwerk van Landelike Beveiligingstrategie sal saamwerk om pro-aktiewe beplanning te doen om hierdie misdade te help voorkom. Breytenbach sê ten slotte: “Ons gesindheid moet wees om te besef hoe groot die probleem is, met goeie kennis en binne die reg kan die landbougemeenskap aandring op die nodige beskerming deur middel van die strukture wat die strafregstelsel vir alle landsburgers bied.”

Uitgereik deur Agri SA, Direktoraat: Korporatiewe Skakeling

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button