Local NewsNews

Hings wreed doodgemaak, vermink in Mokopane, Limpopo

[NIE VIR SENSITIEWE KYKERS NIE] Maritz doen ‘n beroep op eienaars van diere om paraat te wees en gereeld hul diere te monitor om soortgelyke gevalle te voorkom.

MOKOPANE – ‘n Jong perd is gisteroggend dood en erg vermink op ‘n kleinhoewe buite Mokopane gevind.

Marcelle Maritz, bestuurder van die Percy Fyfe Dierebeskermingsvereninging (DBV), sê die eienaars het op die gruvonds afgekom.

“Die perd se geslagsdele en organe is uitgesny en ons vermoed dit is moetie-verwant,” het sy aan Bosveld gesê.

Foto: Verskaf

Die Heritage Protection Group (HPG), ‘n groep wat hul toelê op die ondersoek van landelike misdaadtonele, en die polisie se veediefstaleenheid was na die toneel ontbied.

Maritz sê hoewel hulle die laaste tyd baie diere sien wat só vermink word, is dit meestal leeus.

“Die diere word vergiftig waarna hul kop en pote afgekap word. Dit is wel die eerste keer wat die DBV kennis dra dat ‘n perd vermoedelik vir moetie-doeleindes geteiken is,” sê sy.

Maritz het die HPG gevra om die saak te ondersoek.

Mokopane Polisiewoordvoerder, kol. Madikgale Masingi, het gesê daar is nog nie ‘n saak by die polisie geopen nie, maar ondersoeke duur voort.

Maritz doen ‘n beroep op eienaars van diere om paraat te wees en gereeld hul diere te monitor om soortgelyke gevalle te voorkom.

Enigeen met inligting oor die voorval kan vir Maritz by 078 617 8682 skakel.

Lees meer:
Lions killed, dismembered outside Polokwane

Manhunt for Limpopo lodge’s lion killers
3 more lions poisoned, mutilated
2 female white lions poisoned, mutilated

 

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button