Local NewsNews

Ruan gee altyd 100%

"Die eerste keer wat ek opgee is die eerste keer wat ek verloor."

POLOKWANE – Ruan was ‘n leerder by Hoërskool Pietersburg en na skool het hy aangesluit by die Noordwes Universiteit Potchefstroom Kampus waar hy tans B.Com bedryfsielkunde en arbeidsverhoudingebestuur studeer.

Hy is ook ‘n vryskutjoernalis en rugbyskeidsregter.

“Ek het op skool rugby gespeel, maar dit was net vir die pret. Ek het ook destyds vir die Piet My Vrou, die skoolkoerant geskryf, en moes ‘n onderhoud voer met Mark Lawrence. Hy is ‘n bekende rugbyskeidsregter en hier het ek besluit om aansoek te doen om ook ‘n skeidsregterkursus te doen.”

Gedurende die eerste week van April, vyf jaar nadat Ruan besluit het om dié kursus te doen, het hy tydens die Paarl Gimnasium se 25ste jeugtoernooi se openingswedstryd geblaas.

“Ek is geweldig trots en bevoorreg om gekies te wees vir die toernooi. Net drie skeidsregters in my unie is gekies. Dit is vreeslik lekker om saam met die spelers op die veld te draf. Dit is lekker om terug te gee sodat ander mense wat die sport wil speel, dit kan geniet.

Terwyl hy studeer en skeidsregter is, is hy ook vryskutskrywer vir Content Capital, ‘n aanlyn media platform.

“Dit is ‘n platform vir resensies op bekendes, asook leefstylmodes.

“Dit is vir my baie lekker. Ek ontmoet baie mense en geniet dit om met dié bekende mense onderhoude te voer.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button