Local NewsNews

Elke bietjie help

Die Polokwane Help Groep het reeds in 2015 ontstaan toe 'n groep mense dié tekorte in die gemeenskap raakgesien, en besluit het om te help.

POLOKWANE – Jy het self dalk nie ‘n gebrek aan geld, kos of klere nie, maar iewers in ons gemeenskap is daar iemand wat nie kop bo water hou nie.

Die stigter, Petro du Preez, vertel dat hulle 65 huisgesinne en 260 individue elke maand bystaan.

“Ons kry glad nie kontant in nie, slegs kos en klere. Ons ontvang ook komberse en skoonmaakmiddels wat ons aan die behoeftige gesinne gee.”

Sy vertel dat hulle hulp van onder andere Spar Platinum Park, Vleislapa Welgelegen, Mr Pie Man, Enterprise, Hieb (Hulp in Elke Behoefte) en die publiek ontvang.

Die meeste mense wat gehelp word is mense wat afgelê is by hul werke of enkelouers wie se salarisse te klein is om van te oorleef.

“Ons help ook mense om werk te kry, en lê gereeld besoek af by diegene vir wie ons kos gee. Hierdié mense mag nie rook, drink, dwelms gebruik of dobbel nie, dan onttrek ons onmiddellik alle hulp. Ons gryp ook in as ons sien dat kinders en oumense mishandel word.”

Indien jy ‘n skenking ontvang, teken jy daarvoor. Die groep help ook die Ysterkinders van Pietersburg Laerskool.

“As elkeen in die stad net een item, soos ‘n toiletrol of ‘n blikkie kos kan gee, kan ons baie mense voorsien. Mari Buitendag is tans besig om vir ons komberse te brei en ons waardeer dit baie. Die komitee bestaan uit sakemense en pensioenarisse wat help met die ontvang van die kos, asook om die kos te laai wanneer ons dit moet gaan aflewer.”

Behalwe vir Petro dien Johan Fourie, Helene Ferguson, Eugene Venter, Vindette Venter, Sandra Cloete en Chantelle Janse van Rensburg op die komitee.

 

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button