Local NewsNews

Drie dood in twee ongelukke op selfde dag

Die polisie ondersoek sake van strafbare manslag nadat drie mense Maandag in twee afsonderlike ongelukke in die provinsie omgekom het. Motlafela Mojapelo, provinsiale polisiekommunikasiehoof, sê ‘n persoon is omstreeks 09:00 in Nelson Mandelarylaan dood nadat die bestuurder van ‘n Toyota Corolla in die Polokwanerigting gery en beheer oor sy voertuig verloor en glo voor ‘n …

Die polisie ondersoek sake van strafbare manslag nadat drie mense Maandag in twee afsonderlike ongelukke in die provinsie omgekom het.
Motlafela Mojapelo, provinsiale polisiekommunikasiehoof, sê ‘n persoon is omstreeks 09:00 in Nelson Mandelarylaan dood nadat die bestuurder van ‘n Toyota Corolla in die Polokwanerigting gery en beheer oor sy voertuig verloor en glo voor ‘n aankomende minibus beland het.
Die minibus en ‘n Mercedez-Benz wat agter hom gery het, het volgens Mojapelo gebots. Die bestuurder van die minibus is op die toneel dood terwyl twee ander beseer en in die Seshego hospitaal opgeneem is.
In die tweede voorval vroeër dieselfde dag het twee mense verkool nadat twee minibusse op die R518 Markenpad buite Lephalale trompop gebots en in vlamme uitgebars het.
Mojapelo sê die een minibus het slegs een passasier gehad terwyl die ander voertuig geen passasiers vervoer het nie. Beide bestuurders het in die wrakke verkool terwyl die passasier erge brandwonde opgedoen het. Die oorledenes se name sal bekend gemaak word sodra hul naasbestaandes in kennis gestel is.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button