Local NewsNews

MOKOPANE : Omgee trek wa deur die drif

Die vraag na kos gedurende die inperking styg steeds daagliks. Sedert Bosveld se berig op 17 April het die syfers gespring vanaf 66 families na 154 families, of 570 mense.

MOKOPANE – Hierdie syfers verander daagliks het Landie Dickinson, die voorsitter van Mokopane Noodforum bevestig. Organisasies soos Noodforum, Solidariteit se Helpende Hand, Kameeldoring Rondetafel ’92, SOS Sekuriteit, Phetolo Organisation NPC, Mokopane Besigheidskamer, Reaching a Generation, Molomo en Sons en Covid 19 Aviations Limpopo het die afgelope weke hande gevat om mense in nood by te staan.

Goente skenking aan mense in nood.

Sover, danksy die gemeenskap, besighede en boere, kon hierdie groep onder die naam Josef Silo’s voorsien aan die behoeftiges in hierdie krisistyd.

“Daar is steeds behoefte aan goed waarop daar nie gefokus word nie, soos tandepaste, seep, waspoeier en toiletpapier,” sê Landie.

Raadslid Yolande Coetzee, een van die fasiliteerders, sê daar is ‘n groot behoefte aan blikkieskos, koffie, suiker en boksmelk. Pakkies word opgemaak nadat daar eers gekyk word uit hoeveel mense die gesin bestaan en dan word aflewerings op Dinsdae en Donderdae deur sekuriteitsmaatskappye, vrywilligers en Reaching a Generation gedoen.

“Ons het al soveel trane van dankbaarheid gesien. Daardie kospakkie beteken meer vir die in nood as wat mense ooit sal kan besef. Ek ontvang daagliks boodskappe om dankie te sê uit oorde wat mens nooit sou verwag nie. Kinders wat so opgewonde raak as hulle net ‘n bakkie mayonnaise sien is bitter hartseer,” verduidelik sy. Die grootste uitdaging is die volhoubaarheid van borgskappe.”

Yolande sê die gemeenskap se hulp is nodig om te verseker hulle kan hierdie gesinne bly bystaan tot hul weer op hul voete is. “Niemand het gevra vir hierdie situasie nie, maar ons kan almal probeer help om mekaar deur die drif te kry.”

Sy bedank almal vir hulle hulp en donasies. “Dankie ook vir die paar vroue van die dorp wat fluks ingespring het en begin sop en pasteie bak het. Ons het werklik elkeen se hulp nodig. Elke bietjie help. My motto in die lewe is: ‘bietjies, bietjies maak baie’. So dra ons mekaar en help mekaar om heel anderkant uit hierdie moeilike en hartseer tyd te kom. Help om ‘n ander se nood te verlig,” sê Yolande.

Raadslid Korny Dekker het die groot kosnood in uitbreiding 14 gesien nadat hy ‘n man besoek het wat al vir drie dae geen kos in sy huis gehad het nie. Hy het toe die inisiatief geneem en die gemeenskap gevra om hierdie inwoners waar die nood groot is, by te staan. Reaching a Generation se span wat deel is van die Josef Silo projek, laai nou daar meel, sojabone en suikerbone af om sowat 100 gesinne by te staan. Korny sê hy is dankbaar teenoor die gemeenskap wat hande vat in tye van nood.

bosjournalist@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button