Local NewsNews

Polokwane skuilings kort steeds hulp

Terwyl baie inwoners die geleentheid gehad het om voor die inperktyd reeds al hulle inkopies te doen, is daar inwoners in ons gemeenskap wat dit nie kon doen nie. Dit is veral die inwoners van die verskeie skuilings in Polokwane.

POLOKWANE – Brenda Grebe wat bydraes insamel vir Ivydale Shelter vra hulp. Sy verduidelik sy het toestemming om gedurende die afsondering haar werk te voltooi.

“Ek sal items by jou huis kom haal vir die inwoners. Ons benodig enige kos, klere, skoene, linne en komberse. Ou speelgoed vir die kinders en bydraes vir koopkrag sal ook waardeer word.”

Brenda kan gekontak word by 072 302 1180.

Vision of Hope se skuiling is op Leeuwkuil plotte en word bedryf deur Drienie van Wyk. Sy vertel hulle benodig ook hulp. “Ons het veral ontsmettingsmiddels nodig, maar ook kos en ander items soos klere en komberse.” Drienie kan gekontak word by 083 495 3959.

Petro du Preez wat PBGHelpgroep NPC bestuur en elke dag aan sowat 1 500 mense kospakkies verskaf, gee tans brood uit aan minderbevoorregte mense.

“Ons gereelde kosskenkers word ook deur die inperktyd verhoed om aan ons kos te gee. Dankie vir elke skenker wat help.”

As jy met kosskenkings kan help, kontak vir Petro by 078 453 1433 op Whatsapp.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button