Local NewsNews

Is Jeugdag nog werklik vir die jeug?

Review het vir leerders gevra of hulle nog aanklank vind by die oorsprong van Jeugdag en of hulle dié dag herdenk.

POLOKWANE – Die gebeure van 16 Junie 1976 is steeds vars in die geheue van vele Suid-Afrikaners ingeprent as die dag waar die jeug in opstand gekom het teen die destydse regering.

Op dié dag het tussen 3 000 en 10 000 leerlinge in Soweto aan ‘n optog, teen ‘n reël dat Afrikaans in skole aangebied moet word, deelgeneem. Die optog sou by die Orlando Stadion in Soweto eindig, maar op pad daarheen is hulle deur polisie amptenare verhoed om verder te gaan.

Daar is toe met traangas op hulle geskiet en meer as 170 leerlinge is dood tydens die voorval.

Jeugdag is geskep om hierdie dag se gebeure te herdenk, en die dag is as ‘n nasionale vakansiedag verklaar.

Review het vir leerders gevra of hulle nog aanklank vind by die oorsprong van Jeugdag en of hulle dié dag herdenk.

Deoné Nel: Direk na die gebeure van daardie dag in 1976, was die viering van Jeugdag beslis relevant. Deesdae is daar ander dinge wat eerder ons aandag benodig, soos misdaad teenoor jongmense en gebrekkige onderwys.
Pieter Oosthuizen: Ek sien Jeugdag net as ‘n gewone vakansiedag en vier dit nie regtig nie.
Charmaine Dolo: Jeugdag is beslis nog relevant aangesien dit die dag is waar ons die gebeure van 16 Junie 1976 kan herdenk.
Elri Peters: Ek dink die dag is steeds relevant aangesien die jeug steeds onderdruk word. Met Jeugdag moet ons die jeug en die uniekheid wat hulle na die samelewing bring, vier.
Anli Lansdell: Jeugdag is nie relevant vir my nie. Dit is net ‘n lekker vakansiedag waar ons by die huis kan bly.
Heinrich Meiring: Ek is dankbaar vir die dag aangesien dit lekker is om net by die huis te bly. Die dag is egter nie regtig meer relevant nie.
For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

 
Back to top button