Potties Fotografieklub plaas minimalisme in die kollig
Skoon komposisie en sterk visuele denke het die beoordelaars se werk moeiliker gemaak as verwag.
MOKOPANE – Fotograwe van die Potties Fotografieklub het in Mei weer hard gewerk om kreatiwiteit aan hulle foto’s te verleen.
Die voorgeskrewe onderwerp was minimalisme en die onderwerp het die fotograwe behoorlik laat kopkrap. Klublede het onlangs die uitslae ontvang van die 41 inskrywings, waarvan 20 goud en 21 silwer toekennings, behaal het.
Toy Swart is aangewys as die junior maandwenner, terwyl Jaco Koekemoer spog met sy wenfoto as algehele maandwenner asook senior maandwenner.

Junie se voorgeskrewe onderwerp is ‘abandoned places’. Besoek die klub se Facebook-blad by ‘Potties Fotoklub’.
LEES OOK: Prag kiekies op kamera vasgevang
Junior kategoriewenners:
Mense-afdeling: Dinika Vorster.

Monokroomafdeling: Elizabeth Potgieter.

Natuurafdeling: Dinika Vorster.

Ope-afdeling: Toy Swart.

Landskapafdeling: Ina Dreyer.

Voorgeskrewe onderwerpafdeling: Johan Kirchner.

Senior kategoriewenners:
Mense-afdeling: Jaco Koekemoer.

Monokroomafdeling: Jaco Koekemoer.

Natuurafdeling: Jaco Koekemoer.

Ope-afdeling: Jaco Koekemoer.

Landskapafdeling: Jackie Opperman.

Voorgeskrewe onderwerpafdeling: Jaco Koekemoer.




