Drie keer in ‘n ry vir HTS-langasems
Vanjaar is die derde agtereenvolgende jaar dat HTS Tom Naudé se seuns as algehele wenners aangewys word.
POLOKWANE – Nie eers die ysige wind wat oor Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se rugby veld gewaai het, kon in die landloopatlete se pad staan om te presteer nie, toe hulle Woensdagmiddag aan die 2023 Landloop Interhoërbyeenkoms deelgeneem het.
Die roete was uitdagend, en is dieselfde een wat vir die Tour de Tiger Fietswedren, die vorige naweek gebruik is. Elke atleet het 4km gehardloop, met opdraendes en afdraendes om die roete interessant te hou.

Daar was ses skole wat deelgeneem het, naamlik Tom Naudé, Hoërskool Pietersburg, Curro Northern Academy, Hoërskool Louis Trichardt, Hoërskool Merensky en Hoërskool Ben Vorster.

Medaljewenners:
Junior seuns:
1. Mahlatse Kekana (Tom Naudé).
2. Letlotlo Monama (Northern Academy).
3. Nicky Willemse (Tom Naudé).
Junior meisies:
1. Jané Buitendag (Merensky).
2. Cayleigh Caroto (PHS).
3. Kea Ramaifa (Tom Naudé).
Senior seuns:
1. Kutullo Sekotla (Tom Naudé).
2. El-Girnin Maarman (Louis Trichardt).
3. Thabane Ramalepe (Merensky).
Senior meisies:
1. Lohandi Schutte (PHS).
2. Minette Caroto (PHS).
3. Zoë Malherbe (Merensky).
Seunsbeker:
1. Tom Naudé: 43
2. PHS: 92
3. Merensky: 103
4. Northern Academy:109
5. Louis Trichardt: 119
Meisiesbeker:
1. PHS: 35
2. Merensky: 65
3. Ben Vorster: 111
4. Tom Naudé: 132
5. Louis Trichardt: 160
6. Northern Academy: 168
Groottotaal:
1. PHS: 127
2. Merensky: 168
3. Tom Naudé: 175
4. Northern Academy: 277
5. Louis Trichardt: 279

Vanjaar is die derde agtereenvolgende jaar dat HTS Tom Naudé se seuns as algehele wenners aangewys word.




