Blitsige Blitsfees by PHS
Dié fees bestaan uit 'n reeks sewesrugbywedstryde, Fast 5 Netbal, en Six-a-side Hokkiefees.
POLOKWANE – Dit was Saterdag weer tyd vir die jaarlikse Blitsfees wat deur Hoërskool Pietersburg aangebied word.
Dié fees bestaan uit ‘n reeks sewesrugbywedstryde, Fast 5 Netbal, en Six-a-side Hokkiefees.
Lees ook: FOTO’S: Bakgat Blitsfees by Pieties
Plaaslike skole wat deelneem sluit in PHS, Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, Curro Heuwelkruin, Northern Academy, Capricorn High School en Noorderland High School.

Skole van elders in die provinsie wat deel gehad het aan die pret sluit in Hoërskool Nylstroom, Hoërskool Piet Potgieter, Hoërskool Merensky, Hoërskool Ellisras, Hoërskool Hans Strijdom, Hoërskool Frans du Toit, Hoërskool Ben Vorster en Hoërskool Louis Trichardt.
Die laerskoolnetbalspanne het ook deelgehad aan hierdie dag. Laerskool Piet Hugo, Noordskool, Laerskool Gravelotte, Moloke Primary School en Laerskool Masha het almal hulle staal gewys.

Uitslae:
Hokkiewenners:
Laerskole:
• Seuns: Oosskool eerste en tweede plek.
• Meisies: Oosskool eerste en tweede plek.
Hoërskole:
• Seuns o/17: PHS wen.
• Meisies o/15: PHS wen.
• Meisies o/17: PHS wen.

Netbal:
o/15:
• PHS Venus klop Ben Vorster: 22-19.
• PHS Saturnus klop Capricorn: 22-11.
• Ben Vorster klop Tom Naudé: 30-15.
• Merensky klop Nylstroom: 26-16.
o/ 17:
• Noorderland klop Nettyheads 27-26.
• Merensky klop Capricorn: 21-12.
• PHS klop Frans du Toit: 33-18.
• Hans Strydom klop Ellisras: 11-0.
Rugby:
o/15A: PHS speel in die Beker semi-finaal teen Ben Vorster en verloor 29-19. Hulle eindig algeheel vierde.
o/15B
PHS speel in die plaat semi-finaal teen Ellisras en verloor 21-5. Hulle eindig algeheel sewende.
o/17A
PHS Speel in die beker semi-finaal teen Ben Vorster en verloor 17-12 in ekstra tyd. Hulle eindig algeheel derde.
o/17B
PHS speel in die skild semi-finaal teen Hudson en wen 38-5. In die finaal speel hulle teen Louis Trichardt en wen 10-0. Hulle eindig algeheel 13de.
o/13 is geplaas op doelgemiddeld:
1. Noordskool 1.
2. Gravelotte.
3. Lulekani.
4. Noordskool 2.




