Schools

PLS hengelaars maak skool trots

Dié span is aangewys as algehele Limpopowenners en sal die provinsie in Oktober by die Suid-Afrikaanse Skole Kampioen van Kampioene verteenwoordig.

POLOKWANE – Pietersburg Laerskool kan spog met ‘n groot groep leerders wat hulle tyd langs die viswaters deurbring.

Hierdie hengelaars het onlangs aan die Limpopo Laerskoleliga se finaal deelgeneem en die skool en hulle gemeenskap trots gemaak.

Lugion Langenhoven en Janica Cilliers.

PLS se eerste span, HKGK, bestaan uit Chris-Lou Duvenhage, Hugo Greyvenstein, Jason Breed en Ryan Evert.

Dié span is aangewys as algehele Limpopowenners en sal die provinsie in Oktober by die Suid-Afrikaanse Skole Kampioen van Kampioene verteenwoordig.

Chris-Lou het algeheel derde geëindig en Hugo Greyvensteyn vierde.

Die Little Legends. Zanica Hough en Janica Cilliers.

Lugion Langenhoven is in die uitnodigingspan opgeneem vir sy prestasie.

In die jongedameskategorie is PLS se eerstemeisiespan, Double Trouble, as algehele wenners aangewys en die tweede span as naaswenners. Janica Cilliers is aangewys as algehele wenner in die tweede span.

Double Trouble – Wilné Claassens en Temicke Kruger.

Beide hierdie spanne gaan Limpopo in Oktober by die Suid-Afrikaanse Skole Kampioen van Kampioene verteenwoordig.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button