Schools

Presisie-ruiters na Parys vir Nasionale Kampioenskappe

Cor de Beer, Nelca de Beer, Carli Hattingh en hulle perde gaan van 1-4 Oktober na Afridome Parys om aan die WMG Nasionale Kampioenskappe deel te neem.

POLOKWANE – Carli Hattingh, Nelca de Beer en Cor de Beer het meer as net hulle liefde vir perde in gemeen – hulle is al drie ruiters wat deur Mylene le Roux afgerig word en ook al drie leerders aan die Hoërskool Pietersburg.

Die drie en hulle perde gaan van 1-4 Oktober na Afridome Parys om aan die WMG Nasionale Kampioenskappe deel te neem.

Die South African Western Mounted Games (SAWMGA) kombineer spoed met akkuraatheid. Voeg hierby regverdige en akkurate tydmeting, en jy het ‘n sport waarin alle ruiters en hulle perde die vaardighede wat nodig is om tot ‘n doeltreffende span lei, aanleer.

Dit stel hulle in staat om onder bykans enige omstandighede mee te ding en ‘n hoë standaard te handhaaf.

WMG is voorts ‘n aksiebelaaide, presisiesport in die perdewêreld. Perde vereis nie net die spoed van ‘n resiesperd nie, maar ook die draaivermoë van ‘n snyperd en die beheer en responsiwiteit van die stamperd.

Nelca de Beer.

Ruiters moet aan ‘n minimum van drie kwalifiserende rondes deur die jaar deelneem om te kwalifiseer vir die South African National Equestrian Schools Association (Sanesa) rit.

Carli Hattingh en haar perd, Valentina, neem deel in die kinders, top ses afdeling van die konfederasie span vir ruiters 13 jaar en jonger.

Onder Sanesa ry sy saam met die hoërskoolruiters vlak vier, en by SAWMGA onder die kindafdeling, vlak twee.

Nelca de Beer en Captain Arverni neem in die junior meisies top ses van die konfederasiespan deel vir ruiters 14-17 jaar. Onder Sanesa ry sy saam met die hoërskole op vlak vyf.

By die SAWMGA is sy onder junior, ook ‘n vlak drie.

Cor de Beer en sy perd, Arkab Florac neem deel aan die junior seuns top ses van die konfederasiespan vir ruiters 14-17; en onder Sanesa ry hy saam met die hoërskole vlak sewe, en junior vlak vier by SAWMGA.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button