Schools

PHS betreur Jeugland rugbyspeler se afsterwe

Emmanuel Makwiting (17), die tweedespanrugbykaptein wat as flank vir dié span uitgedraf het, het kort voor halftyd in sy span se wedstryd, na ‘n losgemaalbeweging op die veld bly lê.

POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg het Maandag hul medelye uitgespreek na die afsterwe van ‘n Hoërskool Jeugland-rugbyspeler wat na ‘n besering die naweek, Maandagoggend oorlede is.

PHS en Jeugland se spanne het Saterdag by PHS in die SDC Noordvaalreeks teen mekaar te staan gekom.

Emmanuel Makwiting (17), die tweedespanrugbykaptein wat as flank vir dié span uitgedraf het, het kort voor halftyd in sy span se wedstryd, na ‘n losgemaalbeweging op die veld bly lê.

Volgens bronne het hy vermoedelik ‘n nekbesering opgedoen.

Nooddienstewerkers het hom gestabiliseer en hy is per ambulans na die Pietersburg Provinsiale Hospitaal geneem.

Na aanvanklike inligting dat hy Maandagoggend geopereer sou word, is hy egter oorlede.

PHS het Maandag in ‘n persverklaring gesê die skool en die hele Pietiegemeenskap betreur Emmanuel se afsterwe.

“Namens die hoof, die beheerliggaam en die hele Pietie-gemeenskap wil ons graag ons opregte medelye en simpatie teenoor Emmanuel se gesin, sy spanmaats, vriende en die Jeuglandgemeenskap uitspreek. Ons bid saam vir vertroosting in hierdie moeilike tyd,” lees die verklaring.

Emmanuel se ouers kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button