Jong Polokwane oewerhengelaars trek die bielies uit
Drie leerders is genooi om PLS en Limpopo te verteenwoordig tydens die SA Skole Kampioen van Kampioene-toernooi in Oktober by Bloemhofdam.
POLOKWANE – By Pietersburg Laerskool presteer die leerders nie net in sportsoorte soos rugby en netbal nie, maar ook oewerhengel.
Oewerhengel is wanneer jy van die kant van die dam of rivier af visvang en nie vanuit ‘n boot nie.
Tog is daar ‘n kuns aan oewerhengel, een wat die PLS-leerders bykans vervolmaak het.
Die hengelaars het onlangs aan die Limpopo liga 2 deelgeneem.
Zanica Hough, Janica Celliers en Leané Brits is genooi om PLS en Limpopo te verteenwoordig tydens die SA Skole Kampioen van Kampioene-toernooi in Oktober by Bloemhofdam.
Die volgende leerders is verkies om die SA Skole-span te verteenwoordig by die SAVOF Nasionale Toernooi in Bloemhof: Zanica Hough, Janica Celliers, Jason Dahms en Jones Brits. Chris-Lou Duvenhage is gekies om deel te wees van die Savof Outbound-span wat na Namibië toer om aan ’n internasionale toernooi by Hardapdam deel te neem.
Uitslae:
Seuns:
• PLS Ramkatte eindig algeheel eerste en HKGK eindig tweede in die o/13-liga vir 2025.
• Chris-Lou Duvenhage is aangewys as die Victor Ludorum vir die 2025-seisoen.
• Jaunru du Plessis, Martin Venter, Giovanni du Plessis, Pieter Steenekamp, Chris-Lou Duvenhage, Jason Dahms, Righardt Cilliers, Jones Brits, Ryan Evert en Chris-Lou Duvenhage is genomineer om Limpopo en PLS tydens die SA Skole Kampioen van Kampioene-toernooi wat in Oktober by Bloemhofdam plaasvind, te verteenwoordig.
o/10-span:
PLS se o/10-span eindig tweede in die liga.
• Willem Louis Bronkhorst eindig algeheel tweede.
• Zaden Venter behaal ‘n derde plek.
Manie du Plessis behaal ‘n vyfde plek.
Markus van der Walt behaal ‘n sesde plek.
Die vier seuns het as span onderskeidelik ‘n tweede en derde plek in die liga verower.
Meisies:
PLS Jonge Dame:
• Die eerste span behaal ‘n eerste plek.
• Die tweede span behaal ‘n vyfde plek.
• Die derde span behaal ‘n sewende plek.
• Zanica Hough is aangewys as Victrix Ludorum vir die 2025 Limpopo Liga-seisoen.














