Die aand het afgeskop met moderne weergawes van 'Stapsoldaatjie' en 'Osbraai op Kromdraai', albei met 'n bietjie meer 'doef-doef' as wat ouer geslagte onthou.
Lindey-Lee Barrett tydens haar klas se optrede. Inlas: Anje Combrink geniet die konsert.
POLOKWANE – Die Afrikaanse taal vier vanjaar sy 100ste amptelike bestaansjaar, en met liedjies van ouds het Kleinbegin Kleuterskool se kleuters Donderdagaand hul ouers en grootouers vermaak tydens ‘n vrolike konsert in The Village Theatre.
Die aand het afgeskop met moderne weergawes van ‘Stapsoldaatjie’ en ‘Osbraai op Kromdraai’, albei met ‘n bietjie meer ‘doef-doef’ as wat ouer geslagte onthou.
Van links: Mariené Moolman dans saam met haar maats. Jannie Hoogendyk op die verhoog. Chris-Mari Barrett met die goue tossels.
Lily Khun geniet die gehoor se handeklap terwyl sy dans.
Lindey-Lee Barrett tydens haar klas se optrede. Inlas: Anje Combrink geniet die konsert.
Ruhanco Roos en Johanique van der Westhuizen dans saam.
Daarna het die Muise hul heupe geswaai op ‘Babatrein’ en ‘Dappermuis’, terwyl die Beertjies vrolik op Teddiebeer gedans het.
‘n Hoogtepunt was toe Bernice West se gewilde lied Lyfie oor die luidsprekers geklink het.
Al die kleuters het saamgespring en gedans, en as die gehoor kon, sou hulle ook wys waar hulle “koppie, lyfie en voete” sit.
Xavier Buitendag en Chris Mari Barrett geniet die revue.
Chris-Mari Barrett met die goue tossels.
Anje Combrink geniet die konsert.
Jannie Hoogendy op die verhoog.
Soos altyd het die Pikkewyne met hul bote geroei en die storie van die Alibama vertel, tot groot vermaak van die gehoor. Die gr. R-klas het die program afgesluit met ‘n dans op ‘Byeboerwa’ en ‘Witborskraai’, wat sommer weer nostalgiese herinneringe wakker gemaak het.
Die aand is afgerond met ‘n kleurspel, waarna die Kleinbegin-personeel self die verhoog betree het en hul danstalent aan die ouers gewys het.
My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.