Schools

Duan de Waal trap dat die speke so sing

Duan de Waal se droom is om aan die International XCO World Championships in Switserland deel te neem.

POLOKWANE – Duan de Waal, vandag ‘n gr. 11-leerder aan Hoërskool Pietersburg, het sy eerste XCO-bergfietswedren as gr. 3-leerder by Oosskool meegemaak en spog nou met ‘n tweede plek in die Skole XCO-reeks wat oor vier wedrenne strek.

“My vriend Hanro Ehlers het my destyds omgepraat om saam met hom te begin fietsry. Ek onthou die eerste XCO-resies by Hoërskool Merensky; ek het feitlik niks van die sport geweet nie en was baie onfiks,” vertel Duan.

Duan de Waal in aksie op sy fiets.

In 2022 het hy vir die eerste keer Limpopokleure vir fietsry ontvang, en sedert Desember 2024 het hy ekstra hard begin oefen om meer mededingend te wees in vanjaar se kompetisies.

“Die jaar het baie goed begin en ek is baie dankbaar vir my drie tweede plekke in die Skole XCO-reeks. Ek het ook deelgeneem aan die 2025 Limpopo XCO’s, waar ek na vier wedrenne die algehele wenner was, en in die marathon/XCM-reeks is ek tans derde.”

Duan neem deel in die juniormansafdeling, wat o/17- en o/18’s insluit.

Hy sê die kompetisie is taai: “Jy moet altyd jou beste gee, en soms ook ‘n bietjie geluk aan jou kant hê.”

Sy familie ry ook fiets en is sy grootste ondersteuners.

Duan de Waal tydens een van sy onlangse kompetisies.

“Hulle help my deur moeilike tye en motiveer my voor groot wedrenne. My oefenprogram word deur my pa, wat ook my afrigter en borg is, opgestel. Ek probeer tussen agt en 11 ure per week oefen, en volg ‘n gesonde dieet. Ons werk die program weekliks uit volgens die wedrenne wat voorlê. Gelukkig het ons ‘n binneshuise oefentoestel, wat dit maklik maak om vinnig ‘n uur of twee by die huis te oefen voordat ek moet leer of huiswerk doen.”

Duan sê sy grootste uitdaging is motivering.

“As jy nie gemotiveerd bly nie, mis jy oefeninge en sukkel om dit weer op te vang. Ek vra myself gereeld af: wat sou Nino Schurter of Alan Hatherly gedoen het as hulle nie lus was vir oefen nie? Fietsry moet lekker wees. Jy moet daarvan hou, hard werk en nooit opgee nie. Elke wedren gee net een kans – doen dit voluit.”

Duan se droom is om aan die International XCO World Championships in Switserland deel te neem. “As dit nie sou werk nie, is my volgende mikpunt om aan die Cape Epic saam met my ‘stage race buddy’ Ethan Stewart deel te neem.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button