Schools

PLS-leerders tel, maal en deel vir Wiskundeweek

Pietersburg Laerskool het verlede kwartaal Wonderlike Wiskunde week gevier waar wiskunde op verskeie ander maniere vir die leerders geleer is.

POLOKWANE – Die Pietersburg Laerskool se Wonderlike Wiskunde week is afgeskop met ‘n demonstrasie van vloeibare stikstof wat die leerders se aandag behoorlik vas geopen het.

Die gr. 4-groep het besluit om net somme te maak, is heeltemal te maklik.

Hulle besluit toe om robotte te bou, elkeen uniek van aard. Sommiges kan moontlik ‘n poging aanwend om huiswerk te doen, toebroodjie vas te hou of sommer sokker speel in pouse tyd.

Die leerders het herwinbare materiale gebruik en na die perfekte kombinasie van goeie beplanning, kreatiwiteit en vlytige hande werk, vertel elke robot ‘n storie van vindingrykheid en deursettingsvermoë.

Die leerders moes slim dink en ontwerp en daarmee saam presiese berekeninge doen.

Hierdie graad bou egter nie net robotte nie, maar gebruik ook hulle wiskunde kennis in die kombuis. Die opdrag was om ‘n sjokolade koek in ‘n koffiebeker te maak. Van afmetings met eetlepels tot tyd hou sodat die koek nie brand nie, met elke aksie kon hulle terug verwys na wiskunde.

Van die kombuis na argitektuur.

Jelly Tots en tandestokkies kan ook ingespan word om driedimensioneel stukture te bou, voordat die lekkers ongemerk in die leerders se monde beland het.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button