Sport

Agt bokke vir Cheetahs in 2014

HOEWEL die Toyota Cheetahs se Super Rugby-span ’n moeilike jaar beleef het verlede jaar, het die Vrystaat steeds agt Springbokke opgelewer.

HOEWEL die Toyota Cheetahs se Super Rugby-span ’n moeilike jaar beleef het verlede jaar, het die Vrystaat steeds agt Springbokke opgelewer.

Dié spelers is Willie le Roux, Cornal Hendricks, Coenie Oosthuizen, Johan Goosen, Lood de Jager, Adriaan Strauss, Trevor Nyakane en die Vrystaat se nuutste Springbok, Oupa Mohoje.

“Neem ook in ag dat daar tans 34 oud-Vrystaters en huidige Vrystaters is wat weens aantreklike geldelike voordele in die buiteland speel,” sê Harold Verster, besturende direkteur van die Toyota Cheetahs

Hy sê verdere bewyse van die Vrystaat se bydrae tot Suid-Afrikaanse rugby, is dat 12 Springbokke in in verlede jaar se toergroep na Europa oud-Vrystaters was.

Op juniorvlak het die Vrystaat ook baie goed gevaar en die o/19-span het tweede in hulle liga geëindig, die o/21-span vierde en albei spanne het die halfeindrondes in hul onderskeie ligas gehaal.

“Die Curriebeker-span, wat vyfde in dié reeks geëindig het, was ongelukkig om nie in die halfeindronde te speel nie,” sê Verster.

‘n Totaal van 17 uit die 39 spelers wat in die Curriebeker-reeks gekies is, was nuwelinge. Dit is omdat die Vrystaat agt Springbokke opgelewer het wat nie beskikbaar was vir die reeks nie, terwyl nege ander topspelers beseer was.

Verster sê dié prestasies moet gesien word teen die agtergrond daarvan dat die Vrystaat minder as ’n derde van die groot unies se spelerskontrakgeld tot sy beskikking het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button