Sport

Rolbalspelers is reg om te oefen

DIE Potgietersrus Rolbalklub nooi almal om saam met hulle balle te kom rol.

MOKOPANE – DIE Potgietersrus Rolbalklub nooi almal om saam met hulle balle te kom rol.

Die spelers is volstoom aan die oefen vir die verskeie toernooie wat deur die jaar aangebied word. Daar word ook so tussendeur sosiaal gekuier in die buitelug.

Die klub is langs die Kameeldoring Gholfklub geleë en daar word op die pragbane in ‘n prentjiemooi-omgewing meegeding.

Die spelers is elke Woensdagmiddag vanaf 14:30 aan die oefen en ook op Saterdae.

Die klub beoog om vanjaar verskeie pretdae te hou om spelers te lok om die spel te kom leer speel.

Vir meer inligting kontak Irma Prinsloo by 082 8989 2686.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button