Sport

Noordelikes ryg punte in

Rugbyspelers van BB Truck Noordelikes het Saterdag gewys dat hulle ‘n span is om mee rekening te hou. Noordelikes het Saterdag hul eerste Noordelikes Rugbydag aangebied en hul eerste- en derdespan het uitstekend gevaar tydens hierdie wedstryde. Die derdespan het teen ‘n ontwikkelingspan van Seshego opgedraf en dié span uiteindelik met 60-5 afgemaai. Noordelikes se …

Rugbyspelers van BB Truck Noordelikes het Saterdag gewys dat hulle ‘n span is om mee rekening te hou.
Noordelikes het Saterdag hul eerste Noordelikes Rugbydag aangebied en hul eerste- en derdespan het uitstekend gevaar tydens hierdie wedstryde.

Die derdespan het teen ‘n ontwikkelingspan van Seshego opgedraf en dié span uiteindelik met 60-5 afgemaai.
Noordelikes se tweedespan was egter nie so gelukkig nie, maar het steeds ‘n manhaftige poging teen Pietersburg Rugbyklub se eerstespan aangewend. Noordelikes het uiteindelik met 12-40 verloor.

Die eerstespan was te sterk vir Phaganeng Rugbyklub van Loskop en die wedstryd is na die eerste helfte met ‘n telling van 69-0 gestaak.
“Die dag was ‘n reuse sukses en ons hoop om gou weer so te maak. Dit is die ideale oefening vir die Boet Fick-liga wat eersdaags begin,” sê hoofafrigter, Frederick Romijn.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button