Lim-polisierugbyspan vertrek na nasionale toernooi
Rugbyspelers van die Limpopo-span het Maandag hul uitrustings vir die jaarlikse Nasionale Polisierugbytoernooi van hul borg, Konica Minolta op BB Truck Noordelikes se veld ontvang. Die span het Dinsdag na die Kaap vertrek om teen 12 ander spanne regoor die land van die manne in blou kragte te meet. Hul verteenwoordiger, Osie Oosthuizen was vol …
Rugbyspelers van die Limpopo-span het Maandag hul uitrustings vir die jaarlikse Nasionale Polisierugbytoernooi van hul borg, Konica Minolta op BB Truck Noordelikes se veld ontvang.
Die span het Dinsdag na die Kaap vertrek om teen 12 ander spanne regoor die land van die manne in blou kragte te meet. Hul verteenwoordiger, Osie Oosthuizen was vol vertroue dat die span in topkondisie is omdat hulle so hard geoefen het.
“Ons gaan vir die res van die week ‘n oefenkamp bywoon voordat die toernooi Maandag amptelik begin. Ons verwag dat die span goed sal doen, maar sal ons storie moet ken wanneer ons teen die Wes- en Oos-Kaap te staan kom,” sê Oosthuizen.
Na afloop van die toernooi word ‘n nasionale span gekies wat volgende jaar in Engeland teen ander wêreld-polisiespanne te staan kom.
Die kaptein, Bronwyn Buys het baie vertroue in sy span en hoop hul kameraadskap onder sy leierskap sal die span tot vele seges lei.
RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com




